Mnr. en Mej. Langerugskool aangewys

Langerugskool is Woensdagaand 5 September in ’n sprokiesland omskep vir sy jaarlikse Mnr. en Mej. Langerugskool. Vanjaar was die tema “Arabies”.


Langerugskool is Woensdagaand 5 September in ’n sprokiesland omskep vir sy jaarlikse Mnr. en Mej. Langerugskool. Vanjaar was die tema “Arabies”.

Die 22 finaliste moes op die loopplank in Arabiese uitrustings, lente- en formele drag pronk.

Hein Prins en Cassie Lloyd-Lister is as Mnr. en Mej. Langerugskool aangewys. Deelnemers is beoordeel op vertroue, persoonlike aanbieding en talent. Nicolette Lennert, beoordelaar, sê die kompetisie bou goeie selfvertroue by die leerders.

“Dis wonderlik wat hierdie soort kompetisies aan die leerders se selfbeeld doen.”

Die koördineerder, Anél du Toit, sê dis beslis ’n geleentheid wat volgende jaar weer gehou gaan word.

You need to be Logged In to leave a comment.