Hoërskool Waveren het onlangs hul skoonhede gekroon. Die glansgeleentheid het in die skoolsaal op Tulbagh plaasgevind.
Wenners is in die grondslagfase, intermediêre en seniorfase aangewys.
Die deelnemers was in die nuutste modegier geklee. Ouers het die geleentheid bygewoon en hul kinders ondersteun.
Lauren Joseph, die karakter Zoe van die kykNET-program Suidooster, was die spesiale gas en hoofbeoordelaar.