Modern en ruim dorpshuis in gesogte woonbuurt

Hannah’s Homes bied hierdie week ’n besonder netjiese en ruim dorpshuis te koop aan. Hierdie pragwoning is ideaal vir die professionele, jong gesin wat graag onthaal, asook vir die ouer of afgetrede gesin wat ’n toesluit-en-ry-woning verkies. Die modern oopplan-kombuis en leefareas sluit aan by die gesellige braaikamer, wat uitstap op ’n houtdek waar skemerkelkies…


Hannah’s Homes bied hierdie week ’n besonder netjiese en ruim dorpshuis te koop aan.

Hierdie pragwoning is ideaal vir die professionele, jong gesin wat graag onthaal, asook vir die ouer of afgetrede gesin wat ’n toesluit-en-ry-woning verkies.

Die modern oopplan-kombuis en leefareas sluit aan by die gesellige braaikamer, wat uitstap op ’n houtdek waar skemerkelkies geniet kan word.

Die drie slaapkamers is besonder ruim en het voldoende ingeboude kaste.

Twee netjiese vol badkamers bedien die huis, terwyl die was/opwaskamer ’n groot pluspunt is.

Die eiendom is goed omhein en baie privaat. Die gevestigde tuintjie is pragtig en ’n lushof vir die oog.

Die motorhuis het ’n afstandbeheerde deur en het ook direkte toegang tot die woning. ’n Stewige motorafdak bied addisionele onderdakparkering.

Hierdie eiendom bied goeie waarde vir geld en is enig in sy soort. Ekstras in die eiendom is onder meer drie lugversorgers asook ’n alarmstelsel en tuinbesproeiing.

Die vraprys is markverwant en geprys om vinnig te verkoop.

Om hierdie stylvolle woning te besigtig kan afsprake direk met die bemarkingsagent gemaak word.

Kontak Hannetjie by 082 566 5565

You need to be Logged In to leave a comment.