Hierdie moderne tweeslaapkamer-dupleks bied ’n goed ingerigte kombuis met kwaliteitafwerking en oopplan-leefarea.
Vanuit die hoofslaapkamer is daar ’n balkon met ’n panoramiese uitsig.
Hierdie toesluit-en-ry-eiendom is ideaal vir die professionele mens of jong gesin.
Benewens die motorhuis is daar ook staanplek vir nog ’n voertuig. Die afstandbeheerde motorhuisdeur bied direkte toegang tot die eiendom.
Die dupleks is geleë in die gewilde Oude Meule-sekuriteitskompleks.
Eiendom in dié prysklas is uiters skaars en besigtiging is die moeite werd. Kontak Sotheby’s by 023 347 2240 vir besigtiging.