Moet jy begunstigdes op jou polis benoem?

Om ’n begunstigde op jou polis te benoem klink dalk voordiehandliggend: jy wil seker maak dat ’n sekere persoon, of dalk meer as een persoon, die uitbetaling ontvang as jy sterf. Daar mag egter strategiese finansiële redes wees wat jou besluit beïnvl


Om ’n begunstigde op jou polis te benoem klink dalk voordiehandliggend: jy wil seker maak dat ’n sekere persoon, of dalk meer as een persoon, die uitbetaling ontvang as jy sterf. Daar mag egter strategiese finansiële redes wees wat jou besluit beïnvloed as jy ’n begunstigde benoem, of in sommige gevalle, om nié een te benoem nie, en Old Mutual gee raad.

Die redes vir jou keuse sal afhang van die finansiële omstandighede van jou afhanklikes en jou boedel met jou afsterwe.

As jy nie ’n begunstigde benoem nie, sal alle opbrengste van jou polis na jou boedel gaan. Dit kan ’n goeie of ’n slegte ding wees, afhangend daarvan of jou boedel skuld moet betaal asook enige nalatings wat jy in jou testament gemaak het. As daar enige kontant in jou boedel is (geld in die bank) wanneer jy sterf, kan die eksekuteur sukkel om jou boedel af te handel. In so ’n situasie is dit beter om nie ’n begunstigdeop en of meer van jou voordele te benoem nie.

Indien jou lewensmaat of kinders egter kontant nodig het wanneer jy sterf, is dit beter om een of meer van hulle as begunstigdes te benoem. Jy moet dan ook besluit op die proporsie wat elkeen gaan ontvang.

Sakevennote wat lewensversekering op mekaar se lewens uitneem, of werkgewerswat ’n sleutelpersoon verseker, moet ook besluit hoe die benoeming van die begunstigdes gestruktureer moet word. Dit moet ook heroorweeg word soos die besigheid ontwikkel, as nuwe vennote by die besigheid aansluit of dit verlaat, en soos werknemers bedank.

’n Finale en baie belangrike punt is om te onthou dat die begunstigde wat jy benoem deur die trustees van die uittredingsfonds oor die hoof gesien kan word.

Die trustees sal byvoorbeeld nie dink dis regverdig dat jy jou minnares as begunstigde benoem as jy ’n vrou en klein kindertjies het nie. Die trustees sal eers seker maak dat daar vir jou afhanklikes gesorg word voordat hulle ’n nie-afhanklike wat genomineer is, sal oorweeg. Dink dus wat realisties en regverdig is voordat jy ’n begunstigde benoem.

Kry die regte advies. ’n Finansiële adviseur met wie jy al ’n lang pad stap sal weet wat jou situasie is, jou verhoudings verstaan en natuurlik bewus wees van jou finansiële situasie.

You need to be Logged In to leave a comment.