Inwoners van Montagu het aangesit vir die gróót eet en kuier tydens vanjaar se Harvest Long Table event wat op Sondag 27 April plaas gevind het.

Daar het 250 gaste hul stoele onder die lang tafel ingeskuif om heerlik te smul aan canapés met eiervrug en fillodeeg, wildskoftas, arancini. Vir hoofgereg is verskeie brode, geroosterde pampoenslaai, volstruis-pastrami, warm gerookte forel en Waguy-beesvleis. Vir die soettande het nagereg ‘n verskeidenheid tuisgemaakte nageregte ingehou soos klein tertjies, bruintjies, eclairs en kolwyntjies.
Montagu se ikoniese Kerkstraat het vir die dag die tyd teruggedraai en die gaste het volgens die tema Roaring Twenties aangetrek uit die 1920s. Die kuier is afgeskop met ‘n wynproe van plaaslike wingerde.



You must be logged in to post a comment.