Twee leerders van Montana, Suné-Mari Viviers en Myron Seconds, het van 2 tot 12 Julie ’n opvoedkundige besoek aan Duitsland meegemaak.
Hulle was deel van ’n groep van 14 leerders van die Worcester-distrik wat gekies is. Die Kaapse Wynland-distriksmunisipalitieit het die geleentheid vir die leerders gebied.
Hulle het met verskeie kulture kennis gemaak en het baie opvoedkundige plekke besoek. Die Worcesteriete het weer vir die Duitsers van die Suid-Afrikaanse kulture vertel.
Die skool bedank die distriksmunisipaliteit wat die geleentheid vir die leerders moontlik gemaak het.
Suné-Mari, wat die voorsitter van Monties se ATKV-jeugtak is, het ook van 18 tot 19 Julie die jaarlikse ATKV-vergadering in Bela-Bela in Limpopo bygewoon.