Montana-leerders verken kultuurskatte in Europa

Sestien leerders van Hoërskool Montana het op ’n kulturele toer na Europa gedurende die afgelope vakansie gegaan. Die toergroep is vergesel deur Brandt du Plessis en Elsa van Zyl.


Sestien leerders van Hoërskool Montana het op ’n kulturele toer na Europa gedurende die afgelope vakansie gegaan. Die toergroep is vergesel deur Brandt du Plessis en Elsa van Zyl.

Hulle het Amsterdam in Nederland verken, waar hulle onder andere die Rijksmuseum, Anne Frank-museum en Zaanse Schans besoek het.

Daarna was hul vir ’n dag in Ghent (België) voor hulle verder beweeg het na Brussels waar hul program besienswaardighede soos Atomium, Comic Strip Centre, Mini Europe en Manneken Pis ingesluit het.

Die groep se laaste stop was Parys in Frankryk vir twee nagte. Hier het hulle onder meer die Louvre-museum, Notre Dame-katedraal, Arc de Triomphe en die Eiffeltoring besoek. Hul het ook ’n dag in Disneyland spandeer voor hulle na Suid-Afrika teruggekeer het.

You need to be Logged In to leave a comment.