Altesaam 12 leerders van Hoërskool Montana het ’n A-gemiddelde behaal in die eindeksamen.
Dié skool spog ook met ’n 100%- slaagsyfer en is een van 14 skole in die Wynland-streek wat ’n 100%-slaagsyfer het.
Altesaam 88 leerders het die eksamen geskryf waarvan 82 leerders meer as 50%-gemiddelde het. Al dié leerders kan aan ’n tersiêre instelling studeer.
Tussen die leerders is daar 122 A-vakgemiddelde, 174 B-vakgemiddelde en 156 C-vakgemiddelde.
Die 12 leerders wat ’n A-gemiddelde behaal het is Meghan Smith, Anke Vlok, Chanél de La Rosam, Emma Bosman, Maryna Adshade, Lizelle Nieuwoudt, Muller le Roux, Karla Taljaard, Aidan Forbes, Izelle Viljoen, Corinne Baron en Carla Steyn.