Montie op pad na Kenia

’n Leerder van die Hoërskool Montana het gekwalifiseer vir die wêreldjeugatletiekkampioenskap wat later vanjaar in Kenia gehou word.


’n Leerder van die Hoërskool Montana het gekwalifiseer vir die wêreldjeugatletiekkampioenskap wat later vanjaar in Kenia gehou word.

Francois Jacobs het dié prestasie behaal toe hy goud verwerf met ’n persoonlike beste tyd van 46:42 in die 10 000 m-stapnommer by die senior SA atletiekbyeenkoms wat pas in Potchefstroom gehou is.

Hy en sy medeleerder, Hanru Colling, het ook in die Aprilvakansie aan die SA Atletiekkampioenskappe by Groenpunt deelgeneem.

Hier het Hanru ’n silwer medalje vir die o.20 10 000 m-stap en Francois ’n goue medalje in die o.18 10 000 m-stap verower. Albei het ook die afgelope naweek aan die ASA-kampioenskappe vir seniors in Potchefstroom deelgeneem.

Beide het in die o.20-afdeling aan die 10 000 m-stap deelgeneem. Francois het vir die wêreldjeugkampioenskappe gekwalifiseer en
Hanru het silwer verower met ’n tyd van 48:32.

You need to be Logged In to leave a comment.