Die Hoërskool Montana het vanjaar weer die Montieklop-fees op die skoolterrein aangebied.

Elke graad het ’n land verteenwoordig en die land se kos en speletjies voorgestel.

Suid-Afrika, Amerika, Italië en Indië is onder meer uitge­beeld.

Talent­volle leerders op die verhoog het die gaste met sang, dans en ander items vermaak.

Wicus le Roux het as gaskunstenaar opgetree.

Ander prettige aktiwi­teite soos ’n kleurwedloop, verfbal, waterglybaan en stalletjies is ook aangebied.

Die dag is met ’n grappe-aand afgesluit waar dr. Steyn Smit, Christoff Vlok en Neels Hennig die gaste vermaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.