Hoërskool Montana is een van die Wes-Kaapse skole wat onlangs by die Skole-ondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse merieteprysuitdeling vir sy matrieks se goeie prestasie vereer is.

Die SOS se matriekverslag, wat jaarliks ná die matriekuitslae bekend gemaak word, vorm die basis van die toekennings.

Monties se 2018- Afrikaans Huistaal­matriekklas het landwyd sesde geëindig. Die Engels Huistaalgroep was tweede in die Wynlanddistrik.

“Die onderwyser wat Afrikaans Huistaal aanbied, Laetitia van Heerden, se leerders eindig reeds vir ’n aantal jare onder die tien topskole in die land,” sê Dawie Diedericks, Montana se skoolhoof.

“Estelle Jacobs bied Engels Huistaal vir die graad 12-leerders aan,” voeg hy by.

“Wat die prestasie merkwaardig maak, is dat dit Engelsmediumskole insluit.”

You need to be Logged In to leave a comment.