Die wenners van die jaarlikse Mnr. en Mej. Langerugskool-kompetisie saam met die beoordelaars is, agter Anél du Toit (koördineerder), Marcelle van Speyk (beoordelaar), Robyn Viljoen (beoordelaar), Elzaan Coetzee (beoordelaar), Lee-Anne Rheeder (tweede prinses), Jody-Ann Plaatjies (eerste prinses), Philip Basson (eerste prins), Tiaan Raats (tweede prins), Keenan Bergins (beoordelaar), Arie Fourie (beoordelaar), Cecile de Villiers (skoolhoof) en Doryan Saunders (beoordelaar). Voor is Drew van Leeuwen (Mnr. Langerugskool) en Danika Louw (Mej. Langerugskool).Foto: Jacques Smit


Die jaarlikse Mnr. en Mej. Langerugskool-kompetisie is Woensdag 28 Augustus gehou.

Dit was ’n prestige-geleentheid en ’n aand om op trots te wees.

Die leerders het met selfvertroue op die loopplank verskyn en dit ooglopend baie geniet.

Langerugskool het die geleentheid gebruik om al sy borge te bedank sonder wie die aand nie ’n sukses sou wees nie.

Die wenners vir die aand was: Mnr. en Mej. Langerugskool – Danika Louw en Drew van Leeuwen; eerste prinses en prins: Jody-Ann Plaatjies en Philip Basson; tweede prinses en prins: Lee-Anne Rheeder en Tiaan Raats.

Die leerders wat die meeste geld ingesamel het, is: Lee-Anne Rheeder en Tiaan Potgieter.

Mnr. en Mej. Persoonlikheid is Tiaan Raats en Megan Rabie en Mnr. en Mej. Fotogenies is Pieter Carstens en Lee-Ann Rheeder.

You need to be Logged In to leave a comment.