Munisipaliteit staan tariefverhoging teen

Die Breedevallei-munisipaliteit het in ‘n brief aan Nersa sy teenkanting uitgespreek oor die beoogde verhoging in elektrisiteitstariewe soos voorgestel deur Eskom.


Die Breedevallei-munisipaliteit het ’n brief aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gerig waarin die munisipaliteit sy teenkanting uitspreek oor die beoogde verhoging in elektrisiteitstariewe soos voorgestel deur Eskom.

Volgens JP Myburg, ’n munisipale woordvoerder, het die munisipaliteit saam met ander munisipaliteite aan Nersa geskryf in ’n poging om die voorgestelde verhoging van 20,5% in tariewe te stuit.

Die tariefverhoging sal op 1 April vanjaar in werking tree en kan volgens die BVM net skade veroorsaak. Van die gevolge wat die beoogde verhoging kan hê, is onder meer onwettige verbindings en minder besteding aan elektrisiteit.

Volgens Myburg sal die munisipaliteit gedwing word om in Julie aansoek te doen om ’n hoër tariefverhoging as gevolg van die uitwerking wat die verhoging op die koste van grootmaat elektrisiteit-aankope sal hê.

“Dit is duidelik dat met kliënte wat hul inkomste ??verloor het weens Covid-19, enige verho­ging wat bo inflasie is, ’n nega­tie­we impak op hulle en verrei­kende gevolge vir munisipali­teite en hul gemeenskappe sal hê,” verduidelik Myburg.

Die BVM moedig inwoners aan om die boodskap te deel sodat hul stemme gehoor word.

You need to be Logged In to leave a comment.