Altesaam elf leerders van Worcester Gimnasium het almal goed gevaar in hul Unisa-musiekeksamen.
Giancarlo Abrahams en Karla Wessels het albei 89% behaal vir hul graad een teorie-eksamen en Catelin Willemse het 87% gekry vir haar graad twee teorie-eksamen.
Die leerlinge wat die graad drie teorie-eksamen geskryf het, is Gabrielle Jordaan (87%), Carla van Niekerk (98%) en Gaby Jacobs wat volpunte behaal het.
Jacobs het ook die Hennie Joubert-prys ontvang vir haar prestasie in dié kategorie.
Janet-Lee en Jeanette Roux het onderskeidelik 51% en 71% behaal vir graad vier teorie-eksamen.
Francois Prinsloo het 75% behaal in dieselfde kategorie asook 74% vir sy graad vyf prakties (klavier).
Chané Pienaar het 85% behaal vir haar teorie en 80% vir haar graad vyf prakties (klavier).