Dié leerlinge het almal uitstekend gevaar in die Unisa-musiekeksamen: (agter van links) Gabriel Jordaan, Emily Voigt, Francois Prinsloo, Jeanette Roux en Carla Van Niekerk

Altesaam elf leerders van Worcester Gimnasium het almal goed gevaar in hul Unisa-musiekeksamen.

Giancarlo Abrahams en Karla Wessels het albei 89% behaal vir hul graad een teorie-eksamen en Catelin Willemse het 87% gekry vir haar graad twee teorie-eksamen.

Die leerlinge wat die graad drie teorie-eksamen geskryf het, is Gabrielle Jordaan (87%), Carla van Niekerk (98%) en Gaby Jacobs wat volpunte behaal het.

Jacobs het ook die Hennie Joubert-prys ontvang vir haar prestasie in dié kategorie.

Janet-Lee en Jeanette Roux het onderskeidelik 51% en 71% behaal vir graad vier teorie-eksamen.

Francois Prinsloo het 75% behaal in dieselfde kategorie asook 74% vir sy graad vyf prakties (klavier).

Chané Pienaar het 85% behaal vir haar teorie en 80% vir haar graad vyf prakties (klavier).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Standard E-Edition 15 January 2026
    Standard E-Edition 15 January 2026

Gift this article