Hierdie week se toonhuis is ’n netjiese en goed onderhoude skakelhuis in ’n veiligheidskompleks.
Die eiendom bestaan uit drie slaapkamers, elk met ingeboude kaste, en twee badkamers waarvan een en suite is en bestaan uit ’n stort, toilet en wasbak.
Die tweede badkamer bestaan uit ’n bad, toilet en wasbak.
Die mooi kombuis bied genoeg pakplek en sluit aan by die gerieflike leef- en eet-area. Die motorhuis bied addisionele spasie om plek te maak vir die wasmasjien en tuimeldroër.
Die erf bied ’n onderdakbraai-area en is troeteldiervriendelik. Die eiendom is ’n voltitel-eiendom en die kompleks het ’n baie lae maandelikse heffing om die toegangsbeheerhek in stand te hou.
Hierdie eiendom is ideaal vir die koper vir wie sekuriteit ’n vereiste is. Maak ’n afspraak vir besigtiging by Elmarie (082 663 5010) by Seeff Eiendomme.