’n Prokureursfirma wat gemoedsrus verskaf

Muller Terblanche & Beyers is een van Worcester se mees gevestigde firmas en help kliënte al meer as 130 jaar om deur die komplekse veld van die reg te navigeer.


Muller Terblanche & Beyers is een van Worcester se mees gevestigde firmas en help kliënte al meer as 130 jaar om deur die komplekse veld van die reg te navigeer.

Kliënte kan met gemoedsrus hul eiendomstransaksies, kommersiële transaksies, siviele litigasie, boedelbereddering, BEE-strukturering en invordering van slegte skuld in Muller Terblanche & Beyers se hande laat.

Die firma se geskiedenis begin al in 1881 toe J. Lindenberg sy praktyk begin het. Nadat P.A. Malan in 1903, en C.J.G. Gie in 1914, by hom aangesluit het, het die firma Malan en Gie geword. Dit is by dié praktyk dat C.F. Muller (1934), Steve Terblanche (1951) en Jurie Beyers (60’s) aangesluit het, wat die naamsverandering Muller Terblance & Beyers meegebring het. Die 135 jaar oue firma is steeds só bekend, al het dit ook in 1988 met Traub & Traub amalgameer.

Met die visie voor oë om die firma van eerste keuse te wees vir hul kliënte en personeel, is Muller Terblanche & Beyers ook sedert 2014 lid van die Phatsoane Henny Groep van prokureurs, ’n assosiasie van meer as 40 prokureursfirmas landwyd met sowat 500 prokureurs. Die Groep lê sterk klem op Swartbemagtiging (BEE) as ’n strategiese asook sosiale noodsaaklikheid. Lidmaatskap van die groep hou verskeie voordele vir kliënte, personeel asook die firma in, waaronder die deel van kundigheid en kennis, bemarking, opleiding en ontwikkeling van personeel. Dit alles stel die firma in staat om die gehalte van die diens aan hul kliënte voortdurend te verbeter.

Kliënte kan by Kerkstraat 66 gaan aanklop – weeksdae van 08:00 tot 13:00 en 14:00 tot 16:30 – of 023 348 6000 bel. Besoek ook die webblad www.mtb.co.za of “like” hul Facebookblad.

You need to be Logged In to leave a comment.