Nege slimkoppe van Montana het gemiddelde A-simbole

Altesaam 100 uit Hoërskool Montana se 108 matrieks van 2016 het hoër as ’n gemiddeld van 50% behaal en nege slimkoppe het gemiddelde A-simbole gekry.


Altesaam 100 uit Hoërskool Montana se 108 matrieks van 2016 het hoër as ’n gemiddeld van 50% behaal en nege slimkoppe het gemiddelde A-simbole gekry.

Altesaam 71 matrieks behaal die kwalifikasie om aan ’n universiteit te gaan studeer en 36 leerders die diploma-kwalifikasie. Elke oud-Montie wat verlede jaar klaargemaak het, kan aan ’n tersiêre instelling gaan studeer.

Verder behaal die skool ook: 120 A-vakgemiddeldes, 208 B-vakgemiddeldes, 189 C-vakgemiddeldes en 25 leerders het ’n B-gemiddeld behaal.

Die nege A-gemiddelde kandidate se punte lyk so: Phillip Steenkamp (89,71%, 8A’s, eerste); Sandra le Roux (89,1%; 7 A’s, tweede); Marloisé du Plessis (86,1%, 7 A’s en 1 B, derde); Marius Schreuder (84,9%, 7 A’s, vierde); Nicomie Bosman (83,9%, 5 A’s en 2 B’s, vyfde); Robert Munnik (83,9%, 5 A’s en 2 B’s, sesde), Mariandi Steenkamp (81,0%, 4 A’s en 2 vakke 79% en 1 vak 78%, sewende), Isonette Visser (80,7%, 6 A’s, agtste) en Anri Kroukamp (80,4%, 4 A’s en 3 B’s, negende).

Vyf matrieks lê op die grens van ’n A-gemiddeld: Aletia Basson met 79,7%, Pierre Muller met 79,7%, Lendl Ontong met 79,0%, Chantelle von Molendorff met 78,1% en Mischké du Toit met 78,0%.

Die skool het ’n slaagsyfer van 99,07%.

You need to be Logged In to leave a comment.