Netjiese huis ideaal vir eerste huiskopers

Hierdie week se toonhuis, geleë in ’n gewilde deel van Rouxpark, word op alleenmandaat bemark deur ATM Eiendomme.


Hierdie week se toonhuis, geleë in ’n gewilde deel van Rouxpark, word op alleenmandaat bemark deur ATM Eiendomme.

Die tweeslaapkamerhuis op ’n ruim erf bied oopplan-leefareas en ’n goed toegeruste kombuis met ingeboude stoof, opwasplek en spens.

Die badkamer beskik oor ’n bad, wasbak, stort en aparte toilet.

’n Buitekamer met geriewe is netjies met ingeboude kaste en bied woonstelpotensiaal. Die motorhuis is geoutomatiseer en die opritte netjies geplavei.

Die eiendom bied verder ’n sonpaneel, besproeiing en ’n alarmstelsel. Goedgekeurde planne vir die aanbou van ’n derde slaapkamer is reeds in plek.

Hierdie huis is geskik vir die jong koper of iemand wat wil afskaal en word bemark teen R895 000.

Bel ATM Eiendomme se kantoor by 023 347 1717 vir ’n afspraak om hierdie unieke eiendom te besigtig.

You need to be Logged In to leave a comment.