NGK Oefenskool word ‘groener’

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het Donderdag 13 Februarie sy toneelstuk wat oor omgewingsgesondheid handel, na die NGK Oefenskool in Worcester geneem.


Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het Donderdag 13 Februarie sy toneelstuk wat oor omgewingsgesondheid handel, na die NGK Oefenskool in Worcester geneem.

“Die toneelstuk is deur die Klein Libertas-teater in Stellenbosch geskep,” sê Anesca Roodt, die skakelbeampte van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit.

“Die karakters in die toneelstuk gebruik interaktiewe tegnieke om kinders meer oor omgewingsgesondheid te leer.”

Die leerders van NGK Oefenskool is vermaak deur die sang en dans van die akteurs op die verhoog.

Die kinders het selfs saam met die verhoogakteurs liedjies gesing en van die danspassies uitgevoer wat die akteurs gelei het.

Leerders is ingelig oor die belangrikheid van hande was en die gevare van elektrisiteit.

Ander onderwerpe soos besparing van water en herwinning is ook bespreek.

Die leerders was vasgevang deur die toneelstuk en die hoop is dat hulle dié lesse wat hulle oor die omgewing geleer het, die volgende paar jaar sal onthou.

“Ons leerders het vandag se opvoering baie geniet. Die toneelstuk was van wêreldklasgehalte en die karakters het ons leerders nie net behoorlik vermaak nie, maar ook ingelig oor belangrike onderwerpe,” sê Sarie Plaatjies, ’n onderwyseres van NGK Oefenskool.

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit glo deur kinders van ’n jong ouderdom af te leer hoe om krities oor die omgewing te dink en dit beter op te pas, hy sal verseker dat dit ’n positiewe uitwerking op die kind sal hê om ’n beter toekoms te verseker.

You need to be Logged In to leave a comment.