Die bekende gebruiktemotor-handelaar Nortier Motors vier vanjaar twee dekades van voortreflikheid.
’n Suksesverhaal soos dié kom egter nie vanself nie. Sedert 1 Mei 1996 bou die stigter, Eddie Nortier sr., sy seun, Eddie Nortier jr., en hul span doelgerig aan hul besonderse reputasie vir gebruikte voertuie in uitstekende toestand en topgehalte diens.
Die onderneming het maar ’n klein begin gehad – ’n enkele motor wat op die hoek van Leipoldtlaan en Fisherstraat in Worcester verkoop is.
Vandag, twintig jaar later, bied die handelaar op sy splinternuwe perseel by Hoogstraat 58 voorraad van sowat 40 motors op ’n slag, wat dit ’n gesogte bron van gebruikte voertuie maak, nie net in die Boland nie, maar ook die res van die Wes-Kaap en selfs landwyd.
Nortier Motors se reputasie word onderstreep deur hul eksklusiewe lidmaatskap van die Lightstone Auto/Blue Chip Dealers Association of South Africa, ’n ondersteunersgroep van 25 topgehalte onafhanklike handelaars in die Wes-Kaap.
Die onderneming is geakkrediteer by al die voorste finansierders in Suid-Afrika en kan met trots sê dat hulle voldoen aan alle wetlike aspekte wat op die gebruiktemotorbedryf van toepassing is.
Hulle is verder geregistreer by die Raad op Finansiële Dienste en voldoen aan alle vereistes van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (Fais) en die Fica-wet. As onderskrywer van die Unashamedly Ethical-beweging, onderhou Nortier Motors te alle tye hoë morele en etiese waardes terwyl die ekstra myl vir elke kliënt gestap word.


