Nuwe daghospitaal maak keuse vir pasiënte groter

Plaaslike pasiënte wat ’n klein operasietjie moet ondergaan maar nie oornag hoef te bly nie, het nou ’n nuwe opsie tot hul beskikking.


Plaaslike pasiënte wat ’n klein operasietjie moet ondergaan maar nie oornag hoef te bly nie, het nou ’n nuwe opsie tot hul beskikking.

Die Advanced Worcester Surgical Centre (AWSC) is deel van die genoteerde maatskappy Advanced Health, ’n jong daghospitaalgroep wat reeds ses daghospitale in Suid-Afrika en vier in Australië bedryf.

Die Advanced-daghospitale is toegerus met die nuutste tegnologie om koste-effektiewe gesondheidsorg te bied vir prosedures waar pasiente nie oornag hoef te bly nie. Oorsee word ongeveer 70% van alle prosedures in daghospitale uitgevoer en nie in groot akute fasiliteite nie. Die daghospitaal se tariewe per minuut in teater asook die saalfooie is minder as in ’n akute hospitaal.

Die daghospitaal in Worcester lewer verskeie dienste aan private geneeshere en hul pasiënte. Die hospitaal is toegerus vir onder meer oog-chirurgie, ortopedie, tandheelkunde, ginekologie, urologie en oor-, neus- en keelprosedures.

Ervare, opgeleide personeel sorg dat dokters en pasiënte uitmuntende diens en ondersteuning kry. By Advanced Worcester is elke pasiënt uniek en spesiaal.

Kontak Advanced Worcester Surgical Centre vir verdere navrae by 023 880 0201 of stuur e-pos na worcester@advancedhealth.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.