Nuwe kleuterskool

Die Charles en Catherine Scheepers Educare Centre het onlangs hul deure vir die eerste keer geopen.


Die Charles en Catherine Scheepers Educare Centre het onlangs hul deure vir die eerste keer geopen.

Die bestuurder van die skool, Mercia de Vries, sê dit was ’n groot gebeurtenis vir die kleuters om vir die eerste keer hul nuwe skoolgeboue te sien.

“Vier jaar gelede het die kinders begin skoolgaan by die Calvary AME-kerk. Nou het hulle ’n skool van hul eie,” sê De Vries trots.

Talle eregaste, onder meer die burgemeester van die Breederivier-munisipaliteit, Antoinette Steyn, en Charles Scheepers, na wie die skool vernoem is, het die geleentheid bygewoon.

“Charles het ons destyds gehelp toe ons nêrens gehad het om skool te hou nie. Dit is waarom ons nou die skool na hom vernoem het,” voeg sy by.

Die ses personeellede by Charles en Catherine Scheepers Educare Centre is gretig en gereed om die leerders met onderrig te help.

“Die meeste van ons onderwysers is nog besig met hul ECD Levels-kwalifikasie.”

De Vries bedank almal wat deel was van die skool se openingsgeselligheid.

You need to be Logged In to leave a comment.