Nuwe organisasie wil ’n verskil maak

Skoolskoene speel ’n belangrike rol in ’n kind se opvoeding, en daarom wil ’n nuwe organisasie help om skoene aan die voete te sit van kinders wat dit nie kan bekostig nie.


Skoolskoene speel ’n belangrike rol in ’n kind se opvoeding, en daarom wil ’n nuwe organisasie help om skoene aan die voete te sit van kinders wat dit nie kan bekostig nie.

Hanno Smith, ’n stigterslid van ’n nuwe organisasie sonder winsbejag, Hand a Smile, is tans besig om dié organisasie te registreer en hy beoog om baie mense te help.

Smith sê hy wou nog altyd mense help en dat hierdie organisasie dit moontlik maak om dit te doen.

Die twee projekte waarmee Smith tans besig is, is om skoolskoene in te samel en dit aan ’n skool te skenk. Die tweede projek is om higiëniese produkte soos seep en tandepasta te skenk.

Volgens Smit het hy op ’n plaas grootgeword en het hy gesien hoe swaar party mense kry. Hy sê dit is waar hy begin het om mense te help waar hy kan.

“Ons hoofdoel is om skoolskoene – gebruik of nuut – vir meer as 150 skoolkinders vir die nuwe skooljaar in te samel. Ons hooffokus is laerskoolkinders, maar as ons skoolskoene vir hoërskoolkinders ook kan kry, sal dit ook waardeer word.”

Sy organisasie wil graag die skoene aan ’n skool in die Langeberg-streek skenk.

Smith sê as hy 150 kinders se lewe kan verbeter deur net skoene vir hulle te gee, dink hy dit sal ’n groot verskil maak en ander ook motiveer om te help. Sy organisasie beoog om die skoolskoeneprojek elke jaar aan te pak.. Mense wat skoene wil skenk, kan Hanno by 082 441 5949 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.