Nuwe skooljaar ingelui

Die reuk van skoolskoene en toebroodjies het Woensdag 15 Januarie weer in die lug gehang soos jonges die skoolvakansie gegroet en gereed gemaak het om (weer) agter die skoolbanke in te skuif – vir baie die eerste keer dat hulle “groot skool” toe gaan


Die reuk van skoolskoene en toebroodjies het Woensdag 15 Januarie weer in die lug gehang soos jonges die skoolvakansie gegroet en gereed gemaak het om (weer) agter die skoolbanke in te skuif – vir baie die eerste keer dat hulle “groot skool” toe gaan.

Ouers, grootouers, ooms, tannies en selfs sibbe het by skoolhekke en padkruisings gestaan en kyk hoe nuwe skoolgaandes die onbekende aandurf.

Standard het gaan inloer by verskeie skole in die omgewing om die eerste skooldag van die jaar vas te vang.. Nog foto’s sal aanlyn geplaas word by www.worcesterstandard.co.za. – Foto’s: JP Myburg, Breyten Cupido en Tamsyn Jantjies.

You need to be Logged In to leave a comment.