Ná ’n besige twee weke vir die nuwe graad 8’s van Drostdy het hulle dié opwinding met ’n groentjiekonsert afgesluit.
Die produksie, wat deur hul ouers en mede-Donkies bygewoon is, was die kersie op die koek van al hul wedervaringe. Wanneer nuwe leerders by Drostdy aansluit, mag hulle eers hul skoolbaadjies en -pette dra ná afloop van die amptelike baadjieseremonie.
In matriek, op uitstapdag, is dit die laaste seremonie wat plaasvind voordat die matriekleerders hul skoolbaadjie vir oulaas uittrek.
Die laaste nommer op die nuwe graad 8’s se program was dan hul baadjieseremonie. Die Onkies is nou volwaardige Donkies.