HTS Drostdy se personeel het hul slag in die kombuis met die “Onnies Kook”-kompetisie gewys.
Dié kookkompetisie het in die skool se gasvryheidslokaal, De Drostdy-restaurant, plaasgevind.
Die doel van die kompetisie was goeie spanwerk.
Die vyf spanne, What The Fork, Seven Ate Nine, The Rejects, Die Wenspan en Old School, het almal ’n beurt gehad om hul wenresepte vir die beoordelaars en gehoor voor te berei.
Elke span moes hul eie tafels vir sowat 48 gaste dek.
Die spyskaart moes uit ’n voor-, hoof- en nagereg bestaan, wat alles aan voorgeskrewe riglyne moes voldoen.
Die wenner word Woensdag 28 November aangekondig.
Gaste is welkom om die geleentheid by te woon.
Kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon. Skakel 023 342 2320 vir nog inligting.