Meer as 100 onwettige aanplakbiljette is onlangs van private en munisipale eiendomme in Worcester se middedorp verwyder.
Die Worcester- sentrale verbeteringsdistrik (WCID) se span werkers het ingespring en hierdie plakkate, wat dikwels deur kwaksalwers aangebring word, met ‘n geskuur en ‘n geskrop verwyder. Dit is groot werk aangesien hulle met gom teen kragbokse, lamppale, pilare, mure en selfs stoptekens vasgeplak word en is onsierlik in die andersins netjiese strate.
Volgens raadslid dr. Julian Kritzinger van die Breedevallei-munisipaliteit is meer as 100 plakkate in twee dae verwyder.
“Die kwaksalwer betaal iemand – of ‘n span mense – om sy aanplakbiljette op enige plek waar dit vasgeplak kan word, te gaan plak. So iemand word dan natuurlik ‘n pak
papier, ‘n emmer gom en ‘n kwas in die hand gestop en dan vaar hy die middedorp in en gaan plak die gemors net waar hy ‘n oop plekkie kry,” sê Kritzinger.
“So vieslik soos wat die advertensies lyk, en die vandalisme wat dit aan private en munisipale eiendom ver- oorsaak, is dit egter vir die wetstoepassingafdeling baie moeilik om hierdie oortreders vas te trek.”
• Kontak die munisipale wetstoepassinsgafdeling by die 24 uur-BVM-inbelsentrum by 0860 121212 of stuur e-pos na ssc@bvm.gov.za om sulke vandalisme aan te meld en die dorp skoon te hou.