Onthaalwoning vir kieskeurige kopers

Hannah’s Homes bied hierdie week ’n besonder netjiese onthaalwoning te koop aan. Hierdie woning is ideaal vir die kieskeurige koper wat ’n moderne oopplan-leefstyl verkies.


Hannah’s Homes bied hierdie week ’n besonder netjiese onthaalwoning te koop aan. Hierdie woning is ideaal vir die kieskeurige koper wat ’n moderne oopplan-leefstyl verkies.

Die ruim leefarea het ’n kaggel vir die koue wintersdae. Hierdie vertrek sluit ook aan by ’n braaistoep en privaat tuin met ’n netjiese swembad.

Hierdie gerieflike gesinswoning bied drie slaapkamers en drie badkamers. Die hoofslaapkamer is besonder ruim en het ’n deur na die tuin en swembad.

Die tweede slaapkamer bied ook ekstra ruimte met ’n moderne en suite-badkamer. Die derde slaapkamer word bedien deur ’n gesamentlike badkamer.

Die dubbel-motorhuis is netjies en bied ’n skuifdeur wat aansluit by die swembad-area, en kan as ’n ekstra onthaalvertrek gebruik word.

Ekstras wat hierdie eiendom bied is onder meer ’n wendyhuis, netjiese dubbel- motorafdak, baie plaveisel, goeie sekuriteit en meer.

Hierdie eiendom is beslis ’n treffer, wenner en enig in sy soort!

Voornemende kopers kan Hannah’s Homes gerus kontak om besigtiging te reël. Hannetjie: 082 566 5565. Nog inligting is ook beskikbaar op Property24, verwysingsnommer P24-103460102.

You need to be Logged In to leave a comment.