Gewonder wat om dié vakansie met jou kroos in Kaapstad te doen?

Afgesien van lieflike strande in en om Kaap­stad is daar ook ’n ver­skeidenheid opwindende aanbiedinge in die stad se verskillende teaters.

Hiervan is die Kunstekaap se musiekspel Matilda (speel van 11 Desember tot 8 Januarie) waarskynlik die grootste trekpleister van die vakansieseisoen. Dié baie geliefde karakter uit die kinderverhaal van Roald Dahl gaan baie harte steel. Ook in dié teater bied Kaapstad Ballet The Little Mermaid (14 Desember tot 6 Januarie) aan met al die karakters uit Hans Christian Andersen se sprokie. Matilda word beskryf as een van die teaterproduksies wat mense vanjaar eenvoudig móét sien. Dis een van die skeppendste, kleurrykste verhale wat jy sal beleef en boonop vertolk die akteurs die rolle briljant. Ryan de Villiers vertolk die rol van die bose Miss Trunchbull en kwyt hom besonder goed van sy taak.


. Al die Kunstekaap se produksies kan by Computicket bespreek word.

You need to be Logged In to leave a comment.