’n Oorwinnaarsdiens word Saterdag 20 September by die AME Bethesda-kerk in Van Zyllaan gehou.
Volgens Weena Cupido is die diens vir alle kankerpasiënte en mense wat geraak word deur kanker. “Die diens is vir die hele gemeenskap van Worcester. Almal wat dink hulle kan daarby baat, is welkom.”
Die diens begin om 10:00.Vir meer inligting, bel Bernard September by 072 777 3779