Bolandpark se tartanbaan gaan volgende jaar opgradeer word

,

Die opgradering van die tartanbaan by die Bolandpark-stadion in Worcester sal in die 2026-’27-boekjaar plaasvind. Die baan is erg verweer.

Foto van Charles Beukes, president van Boland-atletiek.

Enrico Claassen

Die opgradering van die tartanbaan by die Bolandpark-stadion in Worcester sal in die 2026-’27-boekjaar plaasvind.

So het Hannelie Botha, ‘n woordvoerder vir die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), die afgelope week aan Standard Breederivier Gazette gesê.

Volgens Botha is altesame R3,2 miljoen voorlopig vir die projek begroot.

Die projek sal in die 2027-’28-boekjaar afgehandel wees.

Standard Breederivier Gazette het in November verlede jaar oor die patetiese toestand van die tartanbaan berig toe verskeie plaaslike sportreuse hieroor gal gebraak het.

Die foto wys drie mense op die Bolandpark-atletiekbaan wat erg verweer is.
Die sintetiese atletiekbaan by Bolandpark-stadion is erg verweer.

Charles Beukes, voormalige Atletiek SA-bestuurslid en Boland-president, het vroeër gesê dis werklik diep teleurstellend om die verweer van die sintetiese atletiekbaan op Bolandpark oor die jare te moet aanskou te midde van vertoë dat die raad ingryp.

Volgens hom was die betrokke atletiekbaan die heel eerste in die Boland en was dit die resultaat van hande vat tussen die destydse Worcester-munisipaliteit, die streekdiensteraad en Atletiek SA.

Chris Visagie, ‘n hoërskool-

onderwyser en atletiek-afrigter, het verlede jaar aan Standard Breederivier Gazette gesê top-atlete kom Worcester toe om te kom oefen, maar die dorp se baan kan hulle nie akkommodeer nie.

Volgens Botha sal die vervalle omheining rondom die Bolandpark-stadion in Worcester in die 2025-’26-boekjaar vervang word wanneer ‘n nuwe grensmuur rondom die stadion gebou gaan word.

Die totale koste hiervan is R8,3 miljoen.

Met betrekking tot die opgradering van die Rawsonville- en Fanie Otto-sportterrein (De Wet), het Botha gesê: “Vir hierdie boekjaar het die departement lynmakermasjiene, bossiekappers en krieketveldrollers vir die onderskeie krieketvelde aan-

geskaf.

Hierdie opgraderings word vir die twee sportterreine beplan: By die Fanie Otto-sportterrein word ‘n omheining rondom die rugbyveld, kinderspeelgebied, buitelug-gimnasium, kombinasiebaan (combo court) en [ander] kombinasiebane (combo courts) beplan.

Botha sê vir die Rawsonville-sportterrein word ‘n omheining rondom die rugbyveld beplan. Voorts sal die ablusieblok opgeknap word, terwyl die ou toegangspad na die veld heropen sal word.

Benewens ‘n nuwe opwarmveld wat in die pyplyn is, word ‘n herbelyning van die rugby-

speelveld en sitplek vir 300 toeskouers ook beplan.

Volgens Botha is die kontrakteur wat met die opgraderings getaak sal wees, reeds aange-

stel. Volgens haar kan die twee projekte reeds op 1 Mei vanjaar begin indien geen besware teen die kontrakteur ingedien is nie.

R2 378 374 is vir die opgradering van die Fanie Otto-sportterreine begroot en R5 205 304 vir die Rawsonville-sportterrein.

Categorised:,

You need to be Logged In to leave a comment.