As deel van Orchard Primêr se gholfdag is ’n inkleurkompetisie gehou.
Die ondernemings Russells en Sleepmaster in Worcester het die inkleurkompetisie vir die grondslagfaseleerders van die skool van stapel gestuur. Die kompetisie het op 19 Augustus plaasgevind.
Al die leerders in die skool se grondslagfaseklasse het deelgeneem en die skool bedank die borge wat deur dié kompetisie na ’n minderbevoorregte skool en leerders uitgereik het.
Die wenners was baie opgewonde oor hul pryse. Een wenner uit elke graad is deur die onderwysers gekies.