Die wenners, onderwysers en borge. Agter is Veronica van Aarde (grondslagfase se departementshoof), Alletta Pedro (bestuurder: Russels), Charlotte Crous (onderwyser), Nabielah Apollis (bestuurder: Sleepmaster), Liandre Gray (onderwyser) en Danver Olsen (onderwyser en organiseerder). Voor is Jerry-Lee Valashiya (gr. 1), Tashnik Jansen (gr. 2), Luynada Mzi (gr. 3) en Zea Pretorius (gr. R).


As deel van Orchard Primêr se gholfdag is ’n inkleurkompetisie gehou.

Die ondernemings Russells en Sleepmaster in Worcester het die inkleurkompetisie vir die grondslagfaseleerders van die skool van stapel gestuur. Die kompetisie het op 19 Augustus plaasgevind.

Al die leerders in die skool se grondslag­faseklasse het deelgeneem en die skool bedank die borge wat deur dié kompetisie na ’n minderbevoorregte skool en leerders uitgereik het.

Die wenners was baie opgewonde oor hul pryse. Een wenner uit elke graad is deur die onderwysers gekies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article