Oudleerders van die Hoërskool Breërivier wat sukses behaal het in hul onderskeie beroepe, het matrikulante by dié skool kom motiveer. Agter (van links is) is eerw. Aubrey Setera (Wolseley), eerw. Henry Arnoldus (Robertson), Chrisjan Jacobs (aspirant-predikant), Frans Wiesie (digter en inisieerder van die projek) en Hilton May (adjunkhoof van die Hoërskool Breërivier). Voor is dr. Suzall Timm (wat haar doktorsgraad in kriminologie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het) en sr. Maureen Mentoor (hoof van die gesondheidsentrum op Rawsonville)Foto:


’n Spesiale inisiatief om matrieks te motiveer is by die Hoërskool Breërivier op Worcester gehou.

Die projek is geïnisieer en gedryf deur een van die streek se bekendste digters, Frans Wiesie, self ’n oudleerder van die skool.

Wiesie sê suksesvolle oudmatrieks van die skool is genader om elk ’n praatjie te kom lewer oor die geleenthede wat daar wel daar buite is.

Die idee daaragter was om huidige matrieks aan te spoor en om die skool se matriekslaagsyfer nog verder te verbeter.

Dit het ook aan die oudleerders die geleentheid gebied om weer terug te ploeg in die gemeenskap van waar hulle kom, sê Wiesie. Daar word beoog om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.