Hannah’s Homes bied hierdie besonder netjiese en gesellige gesinswoning te koop aan. Dit is perfek vir die koper wat graag in ’n stil en kindervriendelike omgewing wil woon.

Die drieslaapkamerwoning bied sonnige vertrekke en ook ’n vierde slaapkamer wat as gaste-vleuel met eie badkamer benut kan word.

Die drie leefareas is netjies en sluit aan by ’n gesellig onderdakkuier- en braai-area, met gerieflike toegang vanaf ’n beskutte binnehof. Die besonder ruim gesinsbadkamer is modern en nuut oorgedoen.

Die netjiese kombuis het baie kaste asook ’n ruim en nuttige werksarea vir die besige huisvrou wat graag bak en brou.

Vir ekstra sekuriteit is die eiendom goed omhein asook toegerus met ’n alarmstelsel. Nie net bied hierdie eiendom ’n dubbelmotorhuis nie, maar ook ruim motorafdakke vir drie voertuie.

Die boomryke tuin is goed versorg en het verskillende vrugtebome. Die eiendom het ook ’n onbelemmerde uitsig op ons mooiste berge. As ligging en adres vir u saak maak, is hierdie eiendom beslis die moeite werd om te besigtig. Voornemende kopers kan die eiendom besigtig deur ’n afspraak met Hannah’s Homes­ te maak. Skakel ons by 023 342 2107 of 082 566 5565.

You need to be Logged In to leave a comment.