Pionierskool-akteurs wen groot pryse vir produksie

Die Pionierskool vir siggestremdes het onlangs ’n verwerking van Shakespeare se Hamlet by die Logan-toneelfees in Fraserburg opgevoer en uitstekend gevaar.


Die Pionierskool vir siggestremdes het onlangs ’n verwerking van Shakespeare se Hamlet by die Logan-toneelfees in Fraserburg opgevoer en uitstekend gevaar.

Die produksie is by die prysuitdeling met die Logan-prys bekroon. Hierdie prys word toegeken aan ’n produksie wat ’n uitstaande prestasie ten spyte van uitdagings gelewer het.

Die fees, wat in die hartjie van die Karoo plaasvind, is die oudste skoletoneelfees in Suid-Afrika en is hierdie jaar die 44ste keer aangebied. Meer as veertig skole het daaraan deelgeneem.

Pionierskool se toneelgroep het uit tien siggestremde leerders bestaan.

Roetes is ter wille van die blinde leerders op die verhoog uitgelê met vierkantige matte wat met spesiale kleefband vasgeplak is en na en van die uitgange by die gordyne en trappe gelei het.

Twee van die spelers, Richie Malonga (gr. 12) en Shaun van Eyssen (gr. 11) het goue medaljes ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.