Pionierskool se topleerder, Sinelethu Nyanda, is opgewonde oor die toekoms wat op haar wag.
Sinelethu, wat blind is, sê sy skryf haar sukses in die matriekeksamen toe aan haar onderwysers en haar nuuskierigheid om meer te wil weet van wat om haar aangaan.
“My twee grootste rolmodelle is my Braille-onderwyser en my musiekonderwyser, omdat hulle my altyd motiveer.”
Sinelethu sê die inperking het gewis ’n invloed op haar studies gehad, maar sy het altyd ekstra tyd ingesit om te leer.
Sy beoog om kantoorbestuur te gaan swot sodat sy ’n goeie werk kan kry, en voeg by baie geleenthede in hierdie rigting bestaan deesdae.