Pionierskool trots op Sakati

Daniel Dimitri Sakati was nie net een van die Pionierskool se topleerlinge nie. Hy is ook vir sy harde werk beloon met ’n toekenning by die Wes-Kaapse departement van onderwys se Nasionale Senior Sertifikaattoekennings.


Daniel Dimitri Sakati was nie net een van die Pionierskool se topleerlinge nie. Hy is ook vir sy harde werk beloon met ’n toekenning by die Wes-Kaapse departement van onderwys se Nasionale Senior Sertifikaattoekennings.

Hy het 75% gekry vir Afrikaans en 70% vir geskiedenis. Sy toekenning was vir ’n leerder wat uitmuntend presteer het ten spyte van groot uitdagings.

Sakati sê die vorige jaar se matrieks hethom geïnspireer om harder te werk. “Die woord sonder die daad is niks, so ek ’t drie ure ekstra elke dag spandeer aan my skoolwerk en het die vrugte gepluk van al my opofferinge,” sê hy trots.

Hy is hoorbaar ingenome as hy noem dat Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, sy toekenning aan hom oorhandig het. “Sy’t kort ná die oorhandiging gesê dat ons hard gewerk het om te staan waar ons nou staan, maar ons moet nogsteeds hard werk in die toekoms sodat ons nie geleenthede weggooi nie.”

Paul Greyling, skoolhoof by die Pionierskool, sê die hele skool is trots op Sakati en dat sy toekenning almal sal motiveer om harder te werk.

Sakati se ouers is ewe trots. “Hy is nog altyd ’n goeie, hardwerkende seun en gee altyd om vir ander. Ons is baie opgewonde vir sy toekoms,” sê ’n trotse ma, Susanna.

Sakati is van vanjaar af deel van die bemarkingspan by die Pionierskool se loopbaanontwikkeling-afdeling en sien uit na die nuwe uitdaging.

You need to be Logged In to leave a comment.