Is u ’n kieskeurige koper? Dan sal hierdie pragtige gesinswoning u beslis geval.
Die ruim ingangsportaal sluit aan by die hartlike en netjiese sitkamer en TV-kamer met besonder mooi houtvloere.
Die hart van die huis is die ruim en moderne oopplankombuis, wat ineenskakel met die gesellige onthaal- en kuierarea. Die goed beplande en funksionele kombuis is toegerus met ’n pragtige SMEG-gasstoof. Met sagte glansafwerking en moderne rooi detail is dit enige vrou se droomkombuis.
Die ruim kuier- en onthaalarea is afgerond met ’n gesellige kaggel en fokusmuur, asook stapeldeure wat oopmaak na die goed gevestigde tuin, buitebraai-area en sprankelswembad.
Hierdie kindervriendelike gesinswoning bied ook vier slaapkamers en twee netjiese badkamers en ’n dubbelmotorhuis met ekstra werkspasie.
Die eiendom is baie goed beveilig met alarm en geëlektrifiseerde omheining. Paglande is ‘n goed gevestige en boomryke omgewing. Stapafstand van skole en mediese geriewe.
Vir besigting kontak Hannetjie van Hannah’s Homes by 082 566 5565 of Chris by 082 77 44 206.