Pragtuin, hope groente by skool

’n Laerskool in Worcester pronk danksy vier tuinwerkers met een van die pragtigste tuine in die dorp.


’n Laerskool in Worcester pronk danksy vier tuinwerkers met een van die pragtigste tuine in die dorp.

Andries Brinkies, John Brooks, Gavin Louw en Deon Human is verantwoordelik vir die mooi tuin by Riverview Primêre Skool. Brinkies, die voorman, sê hy geniet elke oomblik van tuinmaak.

Volgens hom werk hy al sowat 10 jaar by die skool. Hy verduidelik die tuin was nie altyd so mooi soos wat dit nou is nie en sê dit het baie harde werk geverg.

“Hier was net gras. Ons moes al die gras uithaal en kunsmis gooi,” verduidelik hy terwyl hy na die groot tuin wys.

Hy voeg by dat dit kleigrond was en dat hulle dit moes verwerk totdat plante kon groei.

Brooks, wat die afgelope twee jaar in die skool se tuin werk, sê dit is regtig iets om op trots te wees.

“As die mense hier verbystap, sê hulle altyd hoe mooi die tuin lyk,” sê hy en voeg by dat mense net wil foto’s neem hier en dat dit hom trots maak op hul handewerk.

Beide Brinkies en Brooks sê hulle geniet dit vreeslik om tuin te maak omdat hulle die resultate van hul harde werk kan sien.

Die tuin lewer verskeie soorte groente, waaronder groenboontjies, uie, pampoen en beet.

Volgens die werkers verkoop hulle die boontjies aan die gemeenskap.

Brooks sê hulle het onlangs met die eerste oes boontjies ’n stewige R600 verdien.

You need to be Logged In to leave a comment.