Hierdie week se toonhuis, geleë in ’n stil area van Rouxpark, word eksklusief bemark deur ATM Eiendomme en lok reeds baie belangstelling.
Die huis spreek van ’n besondere kreatiewe hand van die eienaars en elke ruimte is met sorg ingerig.
Die eetkamer, studeerkamer, kombuis en twee badkamers is modern en die viniel-vloerbedekking in ’n groot gedeelte van die huis is duursaam en prakties.
Daar is drie slaapkamers en die hoofslaapkamer beskik oor ’n lugversorger, netjiese ingeboude kaste en bied toegang tot die tuin.
Die familiekamer met ’n ingeboude braai vloei na ’n heerlike kuierstoep en swembad. Daar is ook ’n buitebraai en waskamer. Die geoutomatiseerde, ruim dubbelmotorhuis is direk verbind met die huis.
Die eiendom beskik oor ’n pragtige gevestigde tuin met ’n besproeiingstelsel, ekstra parkering en is ten volle omhein.
Vir besigtiging van die eiendom, bel Barbara Kriel by 084 517 6478 of die ATM-kantoor by 023 347 1717.