Badsberg Wynkelder het geen bekendstelling in plaaslike wynkringe nodig nie. Die kelder het die Pietman Hugo-trofee al ’n rekordaantal van 11 keer in sy 29-jarige bestaan verower by die Worcester-Breedekloof Jongwynskou, waarvan agt jaar agtereenvolgens was.
In 2009 het Badsberg ook die Generaal Smuts-trofee en die nasionale Pietman Hugo-trofee verower. Dit was die eerste keer dat ’n kelder albei dié trofeë in dieselfde jaar kon verower. (KWV het dié Jongwynskou-rekord intussen verlede jaar geëwenaar.)
Die jaar 2015 was ook ’n baie goeie jaar vir die kelder.
- CAPPA (Kaapse Vereniging vir Portprodusente): Goud – Cape Vintage 2009.
- Michelangelo International Wine and Spirits Awards: Platinum – Cape Vintage 2009; dubbelgoud – Badslese 2012; silwer – Rooi Jerepigo 2012, Chardonnay 2014, Belladonna 2012.
- Veritas: Dubbelgoud – Belladonna 2013; goud – Chardonnay 2014; silwer – Chenin Blanc 2015, Sauvignon Blanc 2015, Perle Moscato 2015, Vin Doux 2015, Hanepoot 2013, Rooi Muskadel 2014, Rooi Jerepigo 2014, Cape Vintage 2009; brons – Special Late Harvest, Noble Late Harvest, Pinotage.
- SA Jongwynskou 2015: Klaswenner – 2; goud – 8; silwer – 19.
- Breedekloof/Worcester Jongwynskou 2015: Kampioene – natuurlike soet wit tafelwyn, Laffort SA-trofee vir chardonnay, Santam-trofee vir rooi versnitwyn, Absa-trofee vir nie-muskaatversterk, Kamp-trofee vir edellaatoes, Pietman Hugo-trofee vir beste vyf genomineerde wyne; klaswenner – 21 (plaaslike rekord met 44% van die totaal); goud – 2; silwer – 9; brons – 19.
Die kelder is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 oop en Saterdae van 10:00 tot 13:00, maar gesluit op Sondae en vakansiedae. Proeë is gratis.
Die aflewering van wyn kan landwyd gedoen word.
Kontak die kelder by 023 344 3021 of besoek www.badsberg.co.za.