Hair Affair Salon in Mountain Mill Mall bied ’n verskeidenheid hare- en skoonheidsbehandelings.
Hul professionele, ervare haarstiliste en skoonheidsterapeute lewer puik, eersteklas diens aan alle kliënte in ’n ontspannende omgewing.
Van haarkapsels tot die kleuring van hare en stilering vir enige geleentheid, soos ’n matriekafskeid, troues of werksfunksie, Hair Affair sal jou spesiale dag ’n ekstra stukkie glans gee.
Die salon se skoonheid-afdeling bied verskeie behandelings soos hand- en voetbehandelings, Bio Sculpture gel-naels, waks en tinte, asook grimering en grimeerlesse. Kinder-bederfpartytjies is ook op versoek beskikbaar.
Hair Affair Salon is geleë by Winkel 27 in die mall. Bel die salon by 023 347 3794 vir nadere inligting oor produkte en dienste, of om ’n afspraak te maak