Protea-netbalspeler help voortaan afrig by Drostdy

’n Voormalige Protea-netbalspeler is in die proses om netbalvaardighede by HTS Drostdy op te skerp.


’n Voormalige Protea-netbalspeler is in die proses om netbalvaardighede by HTS Drostdy op te skerp.

Elsje Jordaan, voormalige Protea-netbalspeler en -kaptein, asook die o.21-Protea-netbalafrigter, tree as netbal­konsultant by dié skool op.

Die afgelope weke het Jordaan hoof­saaklik op die opskerping van afrig­ting­tegnieke gefokus deur klinieke vir die afrigters te hou.

In 2019 gaan sy van 29 Maart tot 1 April ’n netbalkliniek by die skool aanbied waarby spelers van ander skole ook betrokke sal wees.

’n Woordvoerder van die skool sê Jordaan se kennis en vaardighede sal netbal by Drostdy help ontwikkel tot op die uitstaande vlak waarna die skool strewe.

Drostdy, wat voorheen hoofsaaklik ’n seunskool was, se getal meisies het die afgelope jare aansienlik toegeneem en daar word beplan om by die meisieskoshuis aan te bou.

Die skool beplan ook om nog tien netbalbane te bou.

You need to be Logged In to leave a comment.