Met ’n lekker koppie filterkoffie in die hand het menige kliënt al ’n eiendomstransaksie by PSD se kantore beklink. Die PSD-span se geheim is persoonlike diens en kundige raad wat verseker dat kliënte ook vriende word.
Die aankoop van ’n nuwe eiendom is ’n opwindende proses en PSD se personeel spesialiseer daarin om voornemende kopers van woonhuise, plase en besigheidspersele in hierdie proses te begelei. Worcester is tans in ’n groeifase en ’n nuwe toevoeging wat baie belangstelling lok, is die Altona Village wat tans tussen die N1 en Worcester-Wes ontwikkel word. Hierdie ontwikkeling bied moderne woonhuise van verskillende groottes.
Elke eenheid word volledig toegerus met moderne afwerkings aan die binnekant wat ’n Miele-gasstoof en alarmstelsel insluit. Aan die buitekant word die eiendom afgerond met ’n netjiese grensmuur en selfs aanrolgras!
Alle oordragkostes, verbandregistrasiekostes, bouplanne en ingenieursfooie is reeds by die koopprys ingesluit. Die koper is dus gevrywaar van verskuilde kostes. Die bouers is nou gereed om met bouwerk te begin. Sommige van die eerste huise sal ook beskikbaar wees om te koop teen 5%-afslag op die boukoste, wat ’n beduidende besparing beteken vir kopers wat gou spring.
PSD is trots op hulle verbintenis met Altona en hulle staan graag kliënte by met inligting en raad oor dié toevoeging tot ons pragtige dorp. Besoek gerus PSD se kantoor vir meer inligting en geniet ’n heerlike koppie koffie op die koop toe!