Buiten die vriendelike, ontspanne atmosfeer, is daar talle ander redes om ’n draai by Rawsonville Agrimark te maak.
Hulle spog met ’n wye reeks kwaliteitprodukte teen bekostigbare pryse. Barnard Joubert, bestuurder, reken daar is iets vir almal onder een dak.
Daar is ’n groot reeks duursame Jonssons-klerasie. Van oorpakke tot skoene, hulle het alles wat jy nodig het om al jou take in gemak afgehandel te kry, sonder om jou oor ’n onverwagse skeur in jou broek te bekommer.
Hul buitelewe-toerusting is ook nie te versmaai nie.
Mense wat hou van braai en kamp kan maar hier kom aanklop vir die beste maniere om ’n vleisie gaar te kry en gemaklik uit te span. Dan is daar verder ook ’n poskantoor en Absa-agentskap in die gebou.
Ander produkte en dienste in Rawsonville Agrimark se arsenaal sluit in ’n verf-afdeling, skoonmaakgereedskap en -middels, hegtingsmiddels, besproeiingstoerusting, kragopwekkers en tuingiwwe.
Tans word die boumateriaal-afdeling uitgebrei en binnekort sal klante ook hulp kan kry met die uitwerk van hulle bouplanne.
Die Expressmark verkoop vars gemaakte toebroodjies, vetkoeke en samoosas. ’n Verskeidenheid vars Pieman’s-pasteie is nog ’n wenner. Die Expressmark, brandstof en skoon kleed-kamers is 24 uur beskikbaar.
Mens-mense. Dís wat jy kan verwag. Barnard en sy span roem hul op vriendelike diens, kundige raad wat jy kan vertrou, en persoonlike aandag wat aan elkeen van hul kliënte geskenk word.