Inwoners van Spokiesdorp en Hamat Pieterse Square by Rawsonville het Saterdagoggend ‘n optog na die Breedevallei-munisipaliteit se kantore op die dorp gehou om grond te eis. Hulle het ook verder hul ongelukkigheid oor verskeie ander kwessies uitgespreek. 

In die memorandum versoek hulle die BVM om dringend aan hulle  grond vir behuising te voorsien. Verder eis hulle elektrisiteit vir huishoudings en eienaarskap van 54 erwe. Dan versoek hulle ook die oprigting van ‘n keerwal, beter paaie en spoeltoilette. 

Die inwoners het ‘n memorandum met hul eise aan die speaker van die munispaliteit, Neil Mercuur oorhandig. Hulle het die  munisipaliteit 14 werksdae gegee om te reageer.

“Ek bly nou al 11 jaar hier en ons het nog nooit krag gehad nie. Ons is moeg gewag vir krag,” het n ongelukkige inwoner gesê.

  • Lees in eerskomende Donderdag se Standard meer hieroor, asook wat die munisipaliteit sê oor die aangeleentheid.  

You need to be Logged In to leave a comment.