André Roux en sy span by Renault Worcester het die Handelaar van die Jaar 2015-titel vir die derde agtereenvolgende jaar verower.
Onafhanklike handelaars het weereens die leiding geneem by Renault Suid-Afrika se onlangse 2015 Handelaar van die Jaar-toekennings.
Renault Worcester, in privaat besit en privaat bedryf, het met die louere weggestap terwyl Renault Seamans Port Elizabeth in die tweede plek was en Renault Pietermaritzburg, in besit van die McCarthy groep, was derde.
Renault Worcester is in 2002 gestig en het sedertdien goed gedoen.
In 2005 het André Roux, die handelaarshoof, die eerste keer sukses gesmaak toe hy Renault se Handelaar van die Jaartoekenning ontvang het.
“Die Worcesterspan het die prestasie herhaal in sowel 2006 as 2008 en weer in 2013,” het Roux gesê.
“Harde werk en die onderhou van langtermynverhoudings met ons klante was nog altyd ons fokus, wat gelei het tot langtermynlojaliteit tot ons winkel en tot Renault.
“Ons het nie slegs baie jare van herhalende besigheid beleef nie, maar mondelinge oorvertel het ’n groot rol gespeel om vir ons nuwe klante te bring.
“Renault blink daarin uit om sy produklyn relevant en vars te hou, gerugsteun deur ’n realistiese prysbeleid.”
“Konsekwentheid in prestasie saam met ’n klantgerigte fokus is die benadering wat die Worcester-span van die begin af gevolg het en dit betaal steeds, na 14 jaar, dividende vir sowel die handelaar as vir die handelsmerk,” sê Phonnie Cilliers, visepresident van verkope en bedryf by Renault Suid-Afrika.
In ’n mark wat ongeveer 7% gedaal het, het Renault ongeëwenaarde groei in 2015 getoon met verkope in 2015 wat meer as 20 000 eenhede beloop het.
Die handelsmerk se “beste jaar ooit” sê Nicholas de Canha, uitvoerende hoof van Renault Suid-Afrika.
“Ons kan met trots sê dat die Renault handelsmerk nou stewig in die sewende plek is ten opsigte van Suid-Afrika se topverkopende passassiersmotorshandelsmerke.”

