Leipzig SSKV Primêr het onlangs sy 40ste bestaansjaar gevier.

’n Reünie van 40 jaar is gehou waarheen alle oudleerders en
-onderwysers genooi is.

’n Kers is by dié spesiale geleentheid deur Beulah Sello, ’n graad
R-onderwyser, aangesteek ter nagedagtenis aan wyle Helene Rabie wat die skool destyds laat bou het.

Rabie word onthou as ’n baie aangename en dierbare vrou met ’n liefde vir plaaskinders.

Johanna Oosthuizen, die skool se kok, het ’n kers aangesteek vir al die oudskoolhoofde, -leerders en
-onderwysers wat intussen oorlede is.

Altesaam 120 leerders van so ver as Kaapstad asook oudleerders van Worcester het die reünie bygewoon.

Talle staaltjies van oudonderwysers en -skoolhoofde is deur die gaste vertel.

Hubert Johnson, die huidige hoof, sê die skool se personeel streef daarna om net die beste vir hul leerders te bied sodat hulle eendag hul plekke met sukses in die samelewing kan vol staan.

You need to be Logged In to leave a comment.