Worcester Rooms-Katolieke (RK) Primêre Skool is onlangs as die Bowl-wenners by die bekende Klapmuts-sewestoernooi aangewys.
Dit was vanjaar die derde jaar dat die skool dié toernooi bywoon.
RK het in die kwarteindronde teen Joostenberg Primêr gespeel en 46-0 gewen. In die halfeindronde het RK teen De Heide Primêr met ’n telling van 29-17 geseëvier, en in die eindronde vir die Bowl-trofee het RK ’n wentelling van 23-0 teen Pniel Primêr aangeteken.
“Die Klapmuts-sewestoernooi was ’n goed georganiseerde toernooi wat die spelers ’n geleentheid gebied het om nie net hul talent ten toon te stel nie, maar ook ervaring op te doen. Dit is vir ons as afrigters belangrik dat spelers verskillende vaardighede moet aanleer en hul rugby geniet,” sê Nazeem van Sitters.